Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS JUN /JUL 2012

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN /JUL 2012

Resepte

Tamatie en bone met boerewors

4 porsies

  • 15 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 600 g klein rosa-tamaties, gehalveer
  • 2 blikke (400 g elk) botterbone
  • 250 ml rooiwyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 pak (sowat 600 g) boerewors van jou keuse

Verhit olyfolie in ’n diep pan. Voeg ui en knoffel by en braai tot sag en deurskynend. Voeg tamaties by en braai tot dit sag begin word. Dreineer botterbone in vergiettes en spoel met koue water af. Voeg bone en rooiwyn by tamaties. Geur met sout en peper. Laat prut oop vir 30 minute. Plaas boerewors in ander pan en voeg sowat 30 ml water by. Verhit en laat braai tot water weggekook het. Braai weerskante bruin en plaas bo-op bone. Sit warm voor.