Foto's deur Lee Malan

Foto's deur Lee Malan

Resepte

Tamatie-frikkadelle met eiervrug

(6 porsies)

  • 7 baba-eiervrugte, gehalveer
  • 45 ml olyfolie
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • 500 g maer beesmaalvleis
  • 10 ml fyn komyn
  • 10 ml fyn kaneel
  • 15 ml fyn koljander
  • 5 ml vinkelsaad, fyngemaal
  • 6 eiers
  • 1 kg vars tamaties, grofgekap
  • 125 ml rooiwyn
  • 15 ml origanum, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 ˚C. Plaas eiervrug in oondpan en gooi olyfolie en knoffel oor. Geur goed met sout en peper. Plaas in oond en rooster vir 20 – 25 minute of tot sag en goudbruin. Terwyl eiervrug rooster, maak die frikkadelle: Meng maalvleis, komyn, kaneel, koljander, vinkel en 1 van die eiers. Geur goed met sout en peper. Skep lepels vol van die mengsel en rol klein frikkadelle. Verhit olie in middelslag-pan tot warm. Sit frikkadelle in warm pan en braai vir sowat 5 minute per kant of tot goudbruin. Verwyder frikkadelle uit pan en sit tamaties in dieselfde pan. Voeg wyn en origanum by. Laat prut vir 5 – 8 minute of tot dik tamatiesous vorm. Sit frikkadelle terug in sous. Pak eiervrug rondom frikkadelle. Breek die oorblywende 5 eiers tussenin. Geur goed met sout en peper. Sit terug in warm oond en bak vir 5 – 8 minute of tot eiers gaar is. Sit warm voor.