Foto deur Lee Malan SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Resepte

Toebroodjie met ham, peer, roket en emmentalkaas

ʼn Lekker toebroodjie bly darem lekker, veral die kombinasie van brood, peer en kaas!
(Genoeg vir 4)
Roostertyd: 5 minute

  • 1 suurdeegbrood, in 8 snye gesny
  • 30 g (30 ml) botter
  • 40 g vars roket
  • 125 g sigeunerham (gypsy)
  • 2 pere, in skywe gesny
  • 100 g emmentalkaas, in dun skyfies gesny

Verhit rooster-element van oond. Rooster brood in broodrooster tot bros. Smeer elke sny alkant met botter. Pak roket bo-op 4 snye, gevolg deur ham, peer en kaas. Plaas broodjies oop onder die rooster-element tot kaas gesmelt is. Plaas ander sny brood bo-op en geniet saam met ’n yskoue bier!