sk08_4patees01_links_agter
Resepte

Vark-rillette

(8 porsies)

  • 500 g varklies-ribbetjie
  • 500 g varknek-steaks
  • 240 g gladde varkvet (vra jou slagter of ’n deli)
  • 100 ml witwyn
  • 5 ml sout
  • 10 ml droë tiemie
  • 2 ml fyn neut
  • knippie fyn naeltjies
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 lourierblaar

Verhit jou oond tot 160 ºC. Sny die ribbetjie en steaks in stukke van so 3 cm lank. Plaas al die bestanddele in ’n oondkastrol en meng goed. Maak toe met ’n deksel en plaas in die oond vir 4 uur. Plaas dan ’n sif oor ’n bak. Gooidie vleismengsel in die sif. Laat al die vetgoed dreineer en behou dit. Maak die vleis met ’n vurk fyn en geur indien nodig met nog sout. Pak die vleis in ’n bak en laat afkoel. Smelt die vet weer (indien nodig) en giet oor die vleis. Maak die bak toe met kleefplastiek en plaas in die yskas. Die vet sal hard word. Laat staan die rillette oornag in die yskas vir die lekkerste geur.