Resepte

Varkboud met mosterdsous

8 porsies

  • 1 varkboud van sowat 3,5 kg
  • 10 ml vinkelsade
  • sap van 2 suurlemoene
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 4 knoffelhuisies, fyngedruk

Verhit oond tot 160 °C. Sny kepe in boud se vel – of vra jou slagter om dit te doen. Stamp vinkelsade fyn in ’n stamper en vysel. Plaas varkboud in ’n oondbak. Gooi suurlemoensap oor. Vryf vinkel, sout, swartpeper en knoffel oor die vleis. Plaas in die oond vir 25 – 30 minute per 500 g, plus nog 25 minute. Sit voor saam met mosterdsous.

Om te drink
’n Rosé soos Boschendal se The Pavillion Rosé.