FOTO Micky Hoyle

Resepte

Varkfilet gekook met room en sampioene

(4 porsies)

• 30 ml olyfolie
• 2 varkfilette, in skywe gesny
• 250 g strepiespek, in blokkies gesny
• 1 ui, gehalveer en dan in skywe gesny
• 250 g wit sampioene, in skywe gesny
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 takkie vars roosmaryn, gebruik net blaartjies
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 500 ml room
• 15 ml korrelmosterd

Verhit olyfolie in diep pan. Braai varkfilette tot net bruin. Voeg spek by en braai tot dit bros begin word. Voeg ui, sampioene, knoffel en roosmaryn by. Braai sowat 5 minute. Geur met sout en peper. Voeg room en mosterd by. Verlaag hitte en maak pan toe met deksel. Laat prut sowat 45 minute tot vleis sag is.