Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2013

Resepte

Varkribbetjies in ‘n sakkie

Varkribbetjies moet lank in die baksakkie geoondbraai word, tot dit lekker sag op die been is. Daarna word dit uitgehaal en onbedek geoondbraai tot die sous lekker taai is.
Genoeg vir 4 – 6

• 100 g (125 ml) sagte bruinsuiker
• 100 ml sjerrie
• 5 ml gerasperde gemmer
• 3 knoffelhuisies, fyngekap
• 200 ml tamatiesous
• 15 ml Dijon-mosterd
• 100 ml sojasous
• 1,8 kg opgesnyde varkribbetjies

Meng suiker, sjerrie, gemmer, knoffel, tamatiesous, mosterd en sojasous goed saam in ’n mengbak. Plaas ribbetjies in ’n groot baksakkie. Gooi marinade in en maak seker die ribbetjies is goed bedek. Druk lug uit sakkie en maak styf toe. Plaas in yskas en marineer 6 uur. Verhit oond tot 180 °C. Plaas baksakkie op ’n bakplaat en prik met vurk sodat die stoom kan ontsnap. Plaas in oond en oondbraai 2 uur. Sny sakkie oop en plaas ribbetjies in oondbraaibak saam met die marinade. Plaas terug in oond en oondbraai nog 30 minute.