Foto deur Lee Malan SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Resepte

Varkschnitzel met mosterdpolenta

Daar is niks fout met klaar gekrummelde schnitzels koop nie, maar dié resep is die bietjie ekstra moeite werd!
(genoeg vir 4)
Gaarmaaktyd: 20 minute

  • 4 repe parmaham
  • 4 varkschnitzels
  • 70 g (125 ml) meel
  • 15 ml mosterdpoeier
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 eiers, geklits
  • 100 g broodkrummels
  • olyfolie vir braai
  • 500 ml groenteaftreksel
  • 100 ml witwyn
  • 250 ml polenta
  • 15 ml korrelmosterd
  • 30 g parmesaankaas
  • paar takkies origanum
  • 1 suurlemoen

Draai parmaham in die breedte rondom schnitzels. Meng meel en mosterdpoeier in ’n plat bak en geur met sout en peper. Plaas geklitste eiers in ’n afsonderlike plat bak, asook broodkrummels. Dompel elke schnitzel in meel, dan in eier en dan in broodkrummels. Verhit ’n pan met sowat 1 cm olie oor matige tot lae hitte. Braai schnitzels stadig in olie tot weerskante bruin van kleur en gaar. Dreineer op kombuispapier. Terwyl die schnitzels braai, plaas aftreksel en witwyn in ’n kastrol en laat kook. Gebruik ’n draadklitser en voeg polenta by terwyl jy aanhoudend roer. Kook tot gaar. Voeg mosterd, parmesaan en origanum by en geur met sout en peper. Sit voor met suurlemoen en ’n groenslaai.