Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2012

Resepte

Varktjops met uie en ertjies

(4 – 6 porsies)

  • 90 ml worcestersous
  • 90 ml tamatiesous
  • 90 ml blatjang
  • 60 ml sojasous
  • 6 varktjops
  • 6 klein uitjies, gehalveer
  • 500 ml bevrore etjies

Verhit oond tot 180 °C. Meng worcestersous, tamatiesous, blatjang en sojasous goed saam. Plaas tjops in oondbraaibak en gooi sous oor. Bedek tjops weerskante met sous. Pak uitjies saam met tjops in bak. Maak bak toe met tinfoelie. Plaas in oond en oondbraai 45 minute. Haal tinfoelie af en oondbraai nog 20 minute. Voeg ertjies by en plaas in oond tot ertjies sag is.