Foto deur Mickey Hoyle
SARIE KOS DES 13/JAN 14

Foto deur Mickey Hoyle SARIE KOS DES 13/JAN 14

Resepte

Varkvleis-en-pynappel-kebabs

Jy kan die kebabs op die kole of in ’n riffelpan braai – heerlik hierdie tyd van die jaar.
Genoeg vir 10 kebabs

• 2 gerookte varkfilette van sowat 380 g elk
• 120 ml olyfolie
• 10 ml gerookte paprika
• sap van 1 suurlemoen
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 rooi soetrissie, in blokke gesny
• 1 x 440 g-blik pynappelringe, gedreineer
en in groot blokke gesny
• 10 kebab-stokkies
• sout en varsgemaalde swartpeper

Stap 1. Sny varkfilette in happie-grootte-stukke.

 

Mickey Hoyle

Stap 1

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 2. Plaas in mengbak en voeg olyfolie, paprika, suurlemoensap en knoffel by. Maak toe met   kleefplastiek en plaas in yskas. Laat marineer sowat 30 minute.

Mickey Hoyle

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3. Ryg ’n stuk vleis aan ’n stokkie, gevolg deur ’n blokkie soetrissie en ’n stuk pynappel. Ryg   weer ’n stuk filet aan, gevolg deur soetrissie en dan weer pynappel. Rond af met ’n stukkie   vleis. Geur goed met sout en peper.

 

Mickey Hoyle

Stap 3

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 4. Verhit ’n riffelpan en braai kebabs weerskante tot gaar. Sit warm voor.

Mickey hoyle

Stap 4

 

 

 

 

 

 

 

 

WENK

  • Week die kebabstokkies vooraf in baie warm water om te keer dat dit brand wanneer jy die kebabs braai.
  • Plaas die soetrissie-blokke in ʼn bakkie. Gooi kookwater oor en laat staan tot benodig – sowat 30 minute. Dit sal keer dat dit oopbars wanneer jy dit aan die stokkie ryg.