Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Varkvleis-frikkadelle gevul met gepekelde kwarteleiers

(sowat 18 frikkadelle)

  • 500 g varkmaalvleis
  • 40 ml mielieblom
  • 40 ml sojasous
  • 4 sprietuie, baie fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • sowat 500 ml sonneblomolie
  • 1 bottel gepekelde kwarteleiers
  • 250 ml droë broodkrummels

Meng maalvleis, mielieblom, sojasous en sprietuie goed saam in ’n mengbak. Geur met sout en peper. Om te toets of die vleis genoeg geur het, verhit ’n bietjie olie in ’n pan, braai ’n stukkie van die maalvleis en proe dan of dit reg is. Dreineer die kwarteleiers. Skep ’n groot eetlepel vol van die vleis en plaas dit in die palm van jou hand. Vorm ’n frikkadel en druk die eier in die middel. Maak seker die eier is baie goed bedek met die vleis. Rol elke frikkadel in broodkrummels en plaas op ’n bakplaat. Laat frikkadelle vir sowat 1 uur in die yskas koud word voor jy dit braai. Verhit olie in diep pan. Om te toets of olie reg is, plaas ’n stukkie witbrood daarin. Die brood moenie te vinnig bruin braai nie. Dit moet sowat 8 minute neem. Braai nou die frikkadelle. Dreineer op kombuispapier. Wanneer die frikkadelle afgekoel het, draai hulle toe met dun sjokoladefoelie.

Om te weet
Koop die sjokoladefoelie by Value Baking Supplies in Brackenfell, 021 981 0304, of Strand, 021 853 2144. Jy kan ook die foelie by hulle bestel.