Vinkelvarklies met brusselse spruite

Vinkelvarklies met brusselse spruite FOTO: Donna Lewis

SARIE

Vinkelvarklies met brusselse spruite

’n Dieet met min koolhidrate het baie voordele, meen gesondheidskenners oor die hele wêreld. Hierdie maklike geregte bevat geen stysel nie, en dis boonop so lekker, jy sal die aartappels of rys nie eens mis nie

Varkvleis en vinkel is uitstekende pasmaats. Die vinkel maak die vleis smaaklik en geurig. Probeer ons Vinkelvarklies met brusselse spruite

genoeg vir 6

• 3 uie, in kwarte gesny
• 5 knoffelhuisies
• 750 ml hoenderaftreksel
• 1,6 kg varklies op die been (pork belly)
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 15 ml vinkelsaad
• 1 x 300 g-sakkie vars Brusselse spruite
• 45 ml botter, gesmelt

Verhit oond tot 180 °C. Plaas uie en knoffel onderin oondbraaibak. Gooi hoenderaftreksel oor. Plaas varklies bo-op. Geur vel baie goed met sout en peper. Sprinkel vinkel oor en vryf met vingerpunte in die vel in. Plaas oop in oond en oondbraai 1 uur 45 minute. Kyk ná ’n uur of pan dalk droog is en gooi ekstra aftreksel of water by indien nodig. Haal pan uit oond en pak spruite om vleis.

Gooi botter oor spruite en geur met sout en peper. Bak nog 20 – 25 minute of tot spruite sag en varkvleis goudbruin is. Sit warm voor.

Vinkelvarklies met brusselse spruite

Vinkelvarklies met brusselse spruite
FOTO: Donna Lewis

 

button (2)Vra die slagter om kepe van 1 cm uit mekaar in die
varkvleis se vel te maak – dit help dat die geur in die
vleis intrek en die vel lekker bros bak.