sk076hrtuis05
Resepte

Vinnige broodjies met ham

10 minute – 6 porsies

  • 12 snye witbrood
  • 30 ml witwyn
  • 30 ml olyfolie
  • 12 snye ham
  • 12 groot skywe gruyère-kaas

Sit die brood op ‘n bakplaat. Sprinkel die wyn oor en smeer met die olyfolie. Rooster die brood weerskante onder jou oond se roosterelement. Sit nou die ham en kaas bo-op die brood. Smelt die kaas onder die roosterelement en sit voor met piekeluie en agurkies.