Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS AUG/SEP 2012

Resepte

Vinnige Franse pizzas (Pissaladière)

(genoeg vir 4)

  • 40 ml olyfolie
  • 2 uie, gehalveer en in skywe gesny
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 15 ml olyfolie
  • 250 g strepiespek, in blokkies gesny
  • 4 dun pitabrode
  • 125 g roomkaas
  • sowat 3 takkies vars tiemie
  • olyfolie om oor te sprinkel
  • sowat 30 ml mikrokruie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in pan en braai uie en knoffel vir sowat 5 minute. Sit deksel op en verlaag hitte. Die uie moet net sag wees, maar nie bruin gebraai nie. Verhit die 15 ml olyfolie in ’n pan en braai spek tot bros. Plaas pitabrode op bakplaat. Verdeel roomkaas tussen die brode en smeer bo-op. Skep uie bo-op en sprinkel gebraaide spek, ’n bietjie olyfolie en tiemie oor. Geur met sout en peper. Bak in warm oond vir 20 – 25 minute. Haal uit en sprinkel mikrokruie oor.