Resepte

Vinnige lamsosaties

(4 porsies)

• 450 g lamsvleis-blokkies
• 125 g sagte droë-appelkose
• 1 ui, helfte fyngekap en ander helfte grofgekap
• 6 sosatiestokkies, in water geweek
• 45 ml olyfolie
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 30 ml kerriepoeier
• 30 ml bruinsuiker
• 60 ml appelkooskonfyt
• 50 ml asyn
• sout en varsgemaalde swartpeper

Ryg vleisblokkies, uiestukke en appelkose om die beurt op sosatiestokkies tot al die vleis op is. Verhit olyfolie tot warm in ‘n middelslag-pan. Voeg fyn ui en knoffel by. Braai liggies vir 5 minute. Voeg kerriepoeier, bruinsuiker, konfyt en asyn by. Braai vir nog 5 minute. Geur goed met sout en swartpeper. Sit sosaties in warm sous en meng goed sodat dit oral bedek is. Verhit ‘n riffelpan tot vuurwarm. Braai sosaties vir sowat 5 – 8 minute aan ‘n kant of langer tot gaar. Sit warm voor.