Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Pasta

Vinniger ragu

(6 – 8 porsies)

  • 200 ml rooiwyn
  • 1 kg maalvleis
  • 60 ml olyfolie
  • 2 groot rooi-uie, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • ’n jalapeno-rissie, fyngekap (verwyder sade as jy dit minder warm wil hê)
  • sout en swartpeper na smaak
  • 30 ml rissiepoeier
  • 3 lourierblare
  • 15 ml gedroogde kruie (tiemie, oreganum of gemengde kruie)
  • 3 x 400 g-blikkies tamaties
  • 20 g tamatiepasta

Voeg wyn by maalvleis en meng goed deur totdat vleis die wyn geabsorbeer het. Verhit olie in pot, en braai die uie daarin tot ’n ligte goudbruin kleur. Voeg dan die knoffel en rissie by, en maak seker dat dit nie brand nie. Voeg varsgemaalde swartpeper, sout en rissiepoeier by. Roer goed. Voeg vleis en kruie by mengsel in pot. Sodra die vleis begin verkleur, voeg die tamaties en tamatiepasta by. Bring tot by kookpunt, draai dan hitte af en laat minstens 2 uur by lae hitte prut. (Normaalweg kook dit 4 uur lank.) Sit voor met enige soort pasta.