sk1006volstruis6
Resepte

Volstruiswors, pap en smoor

4 porsies

• 45 ml olyfolie
• 1 ui, in ringe gesny
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 1 x 400 g-blikkie gekapte tamaties
• 125 ml rooiwyn
• 2 takkies roosmaryn, gekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 250 ml mieliepap
• 10 ml sout
• 15 ml botter
• 400gvolstruiswors

Verhit 15 ml olyfolie in ‘n middelslag-pot tot warm. Voeg uie en knoffel by en braai liggies vir 5 minute. Voeg tamatie, wyn en roosmaryn by. Verlaag hitte en laat stadig stowe vir sowat 15 – 20 minute. Geur goed met sout en peper. Maak mieliepap gaar volgens aanwysings op die pak. Voeg botter by gaar pap en meng goed. Verhit res van olyfolie in ‘n groot braaipan tot warm. Voeg wors by en braai vir sowat 8 – 10 minute aan ‘n kant of tot goudbruin en gaar. Sit warm pap saam met wors en smoor voor.