FOTO Micky Hoyle
SARIE KOS JUN/JUL 2014

FOTO Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2014

Resepte

Voorrib-steaks met chimichurri-sous

genoeg vir 6

ChimiChurri-sous
• 60 g platblaar-pietersielie (Italiaans)
• hand vol vars koljander
• 6 heel knoffelhuisies
• 5 ml gekapte groen brandrissie
• 30 ml rooiwyn-asyn
• 30 ml suurlemoensap
• 120 ml olyfolie
• sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas pietersielie, koljander en knoffel in ’n voedselverwerker. Kap tot baie fyn. Voeg brandrissie, asyn en suurlemoensap by en meng goed in voedselverwerker. Voeg olie by terwyl die voedselverwerker loop. Meng goed en geur met sout en peper. Skep uit ín bakkie en maak toe met kleefplastiek. Plaas in yskas tot benodig.

• 3 beesvleis-voorrib-steaks (wing rib) van sowat 2,7 kg in totaal
• 60 – 80 ml olyfolie
• sap van 2 suurlemoene
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 200 °C. Plaas steaks op groot bord. Gooi olie en sap oor. Draai steaks paar keer om om seker te maak dis goed bedek met olie-en-sapmengsel. Geur met sout en peper. Verhit ’n riffelpan. Plaas 1 steak op ’n slag in die pan. Braai weerskante tot net bruin. Plaas op ’n bakplaat en herhaal met ander 2 steaks. Plaas bakplaat vir 20 minute of langer in oond. Haal uit en laat 10 minute rus. Sit voor met sous.