sarie021
Resepte

Vy-en-gerooktericottakaas-warmbrak

  • 4 ryp vye
  • 50 ml room
  • skil van 1 suurlemoen
  • 1 bakkie ricottakaas
  • sout en fyngemaalde swartpeper
  • worsie en broodjie van jou keuse
  • mikrokruie

Sny die vye se stingels af en sny in kwarte. Roer die room en suurlemoenskil by die ricotta in en geur met sout en swartpeper. Roer mengsel tot glad.

Samestelling

Sit die worsie van jou keuse in ’n geroosterde broodjie. Skep groot lepels vol geroomde ricotta al met die lengte van die broodjie langs en sit die vyekwarte bo-op. Garneer met mikrokruie.