FOTO Micky Hoyle

SARIE KOS OKT/ NOV 2012

FOTO Micky Hoyle SARIE KOS OKT/ NOV 2012

Resepte

Wildsvleis-tamatiebredie

Die eerste keer toe ek dié bredie vir ʼn Leipoldt-storie gemaak het, het ek lamsvleis gebruik. Nou maak ek dit met wildsvleis, wat net so goed werk. Al verskil is dat dit langer in die oond moet bly. Die resep is natuurlik net so geskik vir potjiekosliefhebbers. jy kan dit ook op die vuur maak.

Genoeg vir 6

• 1200 g ryp vars tamaties
• 1500 g wildsbredievleis
• koekmeel om vleis te bedek
• sowat 50 ml sonneblomolie
• 6 klein piekeluitjies, in kwarte gesny
• 2 ml fyn gemmer
• 3 kardemomsade
• 5 ml koljandersaad
• 6 heel peperkorrels
• 7 ml vinkelsaad
• 7 ml droë tiemie
• 3 knoffelhuisies
• sout na smaak
• 15 ml blatjang
• 150 ml witwyn

Verhit oond tot 180 °C. Sny tamaties in kwarte. Bedek vleis met meel en skud oortollige meel af. Verhit olie in groot kastrol. Braai vleis (nie alles op een slag) tot lekker bruin. Hou eenkant. Gooi uikwarte in dieselfde kastrol en braai 5 – 10 minute. Sit die vleis terug in kastrol. Stamp gemmer, kardemom, koljander, peperkorrels, vinkel, tiemie en knoffel tot ‘n pasta. Voeg by vleis in kastrol en meng goed. Voeg tamaties by en geur goed met sout. Maak kastrol toe met deksel en plaas in oond. Oondbraai minstens 5 uur. Die vleis sal nou lekker sag wees. Kyk so elke nou en dan dat dit nie droog kook nie. As dit droog lyk, kan jy ‘n bietjie water byvoeg. Voeg blatjang en wyn by en sit terug in oond vir nog ‘n halfuur.