sk0912sesuur10
6 uur tuis, eet half 7

Worsbroodjies

(4 porsies)

  • 500 g varkworsies
  • 250 g repiespek (streaky bacon)
  • 40 ml olyfolie
  • 1 Franse brood
  • tamatiesous
  • mosterd

Verhit oond tot 180 °C. Draai spek om elke worsie. Sprinkel olyfolie op ‘n bakplaat. Plaas worsies op bakplaat en rooster vir 25 minute in oond. Sny brood in groot stukke, sny hulle oop en plaas twee worsies in elke stuk. Sit voor met tamatiesous en mosterd.