FOTO Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Worsie-pasta

(6 porsies)

30 minute

• 45 ml olyfolie
• 1 ui, gekap
• 4 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 wortel, gerasper
• 1 brandrissie, gekap
• 500 g wors van jou keuse, maalvleis verwyder
• 5 ml vinkelsaad
• 10 ml origanum
• 60 ml balsemasyn
• 400 g-blik kersietamaties
• 500 g penne-pasta
• hand vol basiliekruid
• 30 g parmesaan-kaas, gerasper

Verhit olyfolie tot warm in middelslag-pot. Voeg uie, knoffel, wortel en brandrissie by. Braai tot begin verkleur, sowat 3 minute. Voeg worsmaalvleis, vinkel en origanum by. Braai tot amper gaar, sowat 5 – 8 minute. Voeg balsemasyn en tamaties by. Verlaag hitte en laat stadig prut vir 10 minute terwyl jy die pasta volgens verpakkingsaanwysings kook. Dreineer pasta en voeg by gaar maalvleis-sous. Meng goed. Sit voor met basiliekruid en parmesaan.