sk0409budget09
Resepte

Worsies met tamatie en aartappel

(4 porsies)

  • 8 beesworsies
  • 6 heel knoffelhuisies
  • 4 aartappels, geskil en in taamlike dik skywe gesny
  • 2 uie, in skywe gesny
  • 15 ml olyfolie
  • 800 g kersietamaties
  • 125 ml hoender-aftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • hand vol vars basilie-kruidblare (opsioneel)

Verhit jou oond tot 180 ºC. Meng die worsies, knoffel, aartappels en uie met die olyfolie. Plaas alles in ’n oondbak en rooster 15 minute in die oond. Voeg nou die tamaties en aftreksel by, geur met sout en swartpeper en rooster verder vir sowat 20 minute. Voeg die basiliekruid by indien verkies en sit voor.