Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS APR/MEI 2014

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APR/MEI 2014

Resepte

Wortelbredie met lamskenkels

‘n Makliker resep kan jy nie kry nie. Die hele gereg word in die oond gaar en die eindresultaat is heerlik.
Genoeg vir 4

• sowat 80 ml olyfolie
• 1,5 kg kort lamskenkels
• 2 rooi-uie, in kwarte gesny
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 3 takkies vars roosmaryn
• sout en varsgemaalde swartpeper
• sowat 600 g klein worteltjies

Verhit oond tot 180 °C. Sprinkel sowat 60 ml van olyfolie in oondbraaibak. Plaas lamskenkels in bak en voeg uie en knoffel by. Plaas roosmaryn bo-op vleis en geur met sout en peper. Sprinkel res van olyfolie oor en maak bak toe met tinfoelie. Plaas in oond en oondbraai 1 uur en 15 minute. Haal tinfoelie af en voeg wortels by. Plaas oop terug in oond en oondbraai sowat 30 minute tot wortels sag is en die vleis mooi bruin.