Appel-en-amandeltert
Foto’s: Micky Hoyle
Granny Smith-appels is nou in seisoen en ideaal vir dié resep.
- 1 vel (400 g) blaardeeg
- 150 g (165 ml) botter, teen kamertemperatuur
- 100 g (125 ml) strooisuiker
- 100 g gevlokte amandels
- 6 - 8 Granny Smith-appels
bo-op
- 45 ml strooisuiker
- 3 ml kaneel
- 50 g gevlokte amandels




__
- Verhit oond tot 180 °C. Voer 'n diep bakplaat van sowat 30 x 23 cm uit met bakpapier. Plaas die vel blaardeeg in die bakplaat. Sit in yskas tot benodig.
- Plaas botter, suiker en amandels in jou voedselverwerker. Meng tot gladde pasta. Haal deeg uit yskas en smeer pasta bo-op deeg, maar hou rondom deeg 'n rand van 2 cm skoon. Sit terug in yskas.
- Skil appels en ontklok. Hou 'n bak water met bietjie sout in byderhand en plaas geskilde appels daarin. Dit sal keer dat die appels bruin word. Sny appels in helfte en dan in skywe.
- Haal deegbasis uit yskas en pak appels styf teen mekaar bo-op bottermengsel.
- Sprinkel strooisuiker, kaneel en gevlokte amandels bo-oor. Plaas in oond en bak vir 35 - 40 minute. Die deeg moet bros en deurgaar wees. Jy kan die tert warm of teen kamertemperatuur voorsit saam met styfgeklopte room.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Appeltert
SARIE - November 2005
’n Lekker tert vir nagereg is altyd ’n wenner
-
Appeltert
SARIE - Januarie 2009
Hierdie tert mag vir jou lyk of jy ’n marathon moet hardloop! Dit is glad nie so nie, jy gaan net die oonddeur ’n paar keer oopmaak om bestanddele by te voeg. Jy kan die tert warm of teen kamertemperatuur bedien
-
Franse appeltert
SARIE Julie 2010
Daar is nou genoeg appels in die winkels vir die lekkerny. Ek wys jou stap vir stap hoe jy dit maak - van die deeg tot die vulsel.
-
Lekkerste appeltert
SARIE KOS - Somer 2007
Warm of koud, 'n lekker appeltert bly lekker. Ek verkies dit warm, met geklopte room of roomys.
-
Maklike appeltertjies
SARIE KOS - Somer 2007
Dikwels soek 'n mens 'n resep wat nie baie moeite is nie, maar almal beïndruk. Wel, hier is so 'n resep. Die tertjies lyk amper soos Franse appeltertjies, maar is veel makliker
-
My lekkerste appeltert
SARIE - Maart 2007
Ek dink nie jy sal weer ’n ander appeltert maak as jy eers dié een probeer het nie. Jy kan natuurlik ook ’n grote maak (dan het jy ’n losboom-quiche-pan met ’n deursnee van 23 cm nodig).
















Kommentaar