Heuningkoek-lekkers

Deur Herman Lensing, SARIE KOS April/Mei 2011

Heuningkoek-lekkers Foto’s: Donna Lewis

Ek is mal oor Crunchie-sjokolade. Dié lekkers proe nie net soos heuning nie, dit lyk ook soos 'n heuningkoek.

(24 groot stukke)

  • 75 g heuning
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 45 ml water
  • 10 g koeksoda

Meng heuning, suiker en water in 'n middelslag-pot. Bring tot kookpunt en laat stadig prut tot 'n goue karamel vorm, sowat 8 - 10 minute. Terwyl die karamel kook, plaas tinfoelie op 'n bakplaat en spuit met kleefwerende sproei. Verwyder karamel van hitte en gooi koeksoda by. Meng vinnig deur met 'n draadklitser en keer versigtig uit op die tinfoelie. Moenie te veel skud
of beweeg nie, die mengsel gaan 'n goue skuim vorm. Laat dit afkoel tot hard, sowat 30 minute. Verwyder van tinfoelie en breek in growwe stukke. Sit voor as happie saam met warm melk. 

Verwante artikels

  • Malvalekkers

    Malvalekkers

    SARIE KOS Somer 2009/10

    Herman Lensing, SARIE se nuwe kosredakteur, het my gewys hoe jy hierdie soort malvalekkers maak. Dis die moeite werd.

  • Sweetie pies

    Sweetie pies

    Vir elke kind die beste soetding. Ook vir Ma!

  • S’mores – gebraaide malvalekkers

    S’mores – gebraaide malvalekkers

    SARIE Junie 2011

    Wat is nou lekkerder as om rondom die vuur te sit en malvalekkers te braai? Bak die koekies reeds voor jy gaan kampeer.

  • Turkse lekkers

    SARIE KOS Somer 2009/10

    Die naam sê reeds dit smelt in die mond (dis mos Turkish Delight).

Kommentaar