Peperment-yskastert - 3de plek
Foto’s: Micky Hoyle
Anri Ham, van die Paarlse peperment-yskastert het die 3de plek behaal.
PEPERMENT-YSKASTERT
Lewer 6 tertjies
• 2 velle fillodeeg
• 175 ml room
• 125 ml mascarpone-kaas
• 200g peperment-sjokolade, gerasper
• 1 blik karamel-kondensmelk
• 1 pak pepermentgegeurde sjokoladekoekies (Romany Creams)
• 1 x Peppermint Crisp-sjokolade
• pepermentblare (opsioneel vir garnering)
Verhit die oond tot 150 °C. Sny fillo-velle in vierkante van ongeveer 15 x 15 cm en voer groot muffinpanne (9 cm in deursnee) kruis en dwars daarmee uit, totdat die muffin-holtes goed bedek is. Plaas 'n stukkie waspapier in elkeen en vul die bodem met droëbone.
Bak die fillo-nessies blind vir sowat 2 - 5 minute (afhangende van jou oond se hitte), maar hou dit heeltyd dop om te verseker dat dit nie brand nie.
Haal uit die oond as dit karamelkleurig lyk en bros gebak is. Koel af. Sodra die nessies afgekoel is, verwyder die waspapier en bone.
Klits nou die room tot styf en voeg die mascarpone en gerasperde pepermentsjokolade by. Hou eenkant.
Klits die karamelkondensmelk sodat dit meer vloeibaar is en sit eenkant.
Sny so 6 -7 van die koekies in skyfies en hou eenkant.
Pak nou lae in elke nessie: eers 'n laag roomkaas-mengsel, dan karamel en dan die koekies. Herhaal tot vol en eindig met roomkaas. Gooi 'n paar koekiekrummels oor, breek die Peppermint Crisp in growwe stukke en verdeel tussen die tertjies. Pepermentblare kan ook as garnering bygevoeg word.
Verkil in yskas en sit voor.
Verwante artikels
-
1ste prys Peperment-yskaskoek wenner Annerien Vermeulen
SARIE KOS April/Mei 2011
-
Nina se gesonder sjokolade-peperment-tert
SARIE KOS Somer 2009/10
-
Nina se sjokolade-peperment-tert
SARIE KOS Somer 2009/10 | Kommentaar: 2
My dogter Nina het tydens 'n vakansie op Oudtshoorn dié resep by 'n vriendin se ma gekry. Sy't dit aangepas en maak dit gereeld vir ons.
-
Ons soek SA se lekkerste peperment-yskastert
SARIE KOS Somer 2010/11
Is jóú pepermentyskastert die gewildste in die buurt? Deel jou resep en wen Le Creuset-kookware van vlekvrye staal
-
Peperment-en-karamelpoeding
SARIE KOS Somer 2010/11
Hierdie poeding lyk nie net mooi nie, maar is 'n wenner as jy 'n suikertand het.
-
PEPERMENT-YSKASTERT - 2de plek
SARIE KOS April/Mei 2011 | Kommentaar: 3
Die 2de plek in die Peperment-yskastert-kompetisie gaan aan Marie du Plooy van Bloemfontein:













Kommentaar