Pasta-en-tunaslaai

Deur Hilda Lategan, SARIE KOS April/Mei 2011

Pasta-en-tunaslaai Foto’s: Micky Hoyle

(4 porsies)
porsiegrootte: 1 skep ± 275 g

  • 100 g rou durumkoring-pasta
  • 1½ x 170 g-blik tunastukke in pekelwater (± 225 g gedreineer)
  • 215 g-blik ertjies, gedreineer OF 150 g bevrore ertjies, met kookwater afgespoel
  • 160 g rooiskil-appel, ontpit, met skil in blokkies gesny
  • 100 ml Crosse & Blackwell Trim-slaaisous
  • 50 ml ongegeurde, vetvrye jogurt
  • 20 g (4 halwe) pekanneute, gekap
  • gekapte vars pietersielie
  1. Kook pasta vir 8 - 10 minute tot gaar, maar nie pap nie. Dreineer en verkoel.
  2. Vlok tuna. Voeg tuna, ertjies en appelblokkies by die koue gaar pasta en meng liggies.
  3. Meng slaaisous en jogurt en giet dit oor tunaslaai. Strooi pekanneute en pietersielie oor.

Verkoel en sit voor.

VARIASIES EN OPMERKINGS:

  • Wissel die tuna af met sardiens, sardyne of salm. Gerookte donkervis-soorte soos snoek en gerookte forel kan die tuna vervang, maar hou in gedagte dat die sout(natrium)- inhoud van die gereg hoër sal wees. Donker vissoorte se mono- en poli-onversadigde vetsure en veral die omega 3-vetsure is besonder hoog en voordelig omdat ons hedendaagse dieet dikwels te min van dié voedingstowwe bevat.
  • Die ertjies kan vervang word met stukkies broccoli wat vooraf in kookwater geblansjeer en in yswater afgekoel is.

VOEDINGSTOF-ANALISE PER PORSIE

Gi laag (40)
• 1 207 kJ • koolhidrate 30 g • vesel 4,4 g • proteïene 21 g
• vet 8 g •Movs 2,8 g • povs 3,3 g • cholesterol 17 mg
• 1 skep pasta-en-tunaslaai is gelykstaande aan:
2 laevet-proteïene + 1½ stysel + 1 groente + ½ vet

 

Verwante artikels

  • Amperse caprese-slaai

    Amperse caprese-slaai

    SARIE KOS Somer 2010/11

    20minute

  • Basiese pastadeeg

    Basiese pastadeeg

    SARIE KOS Junie/Julie 2011

    Dis eintlik baie maklik om jou eie pasta te maak. En jy hoef nie ’n deftige pastamasjien te hê nie: Jy kan dit bloot met ’n gewone koekroller op ’n meelbestrooide oppervlak uitrol.

  • Broodslaai met aspersie en bokmelkkaas

    Broodslaai met aspersie en bokmelkkaas

    SARIE - Maart 2011

    Die Italianers noem hul tradisionele brood-en-tamatieslaai panzanella. Dié resep is 'n stewiger ete.

  • Brosgebraaide calamari-slaai

    Brosgebraaide calamari-slaai

    Kyk by jou supermark se bak-afdeling vir klaargemaakte broodkrummels, of gebruik sommer gister se brood.

  • Dukkah-tunasteak

    Dukkah-tunasteak

    Ek koop gereeld ’n stuk geelvintuna by ons plaaslike supermark (swaardvis en geelstert werk ook goed),
    sny dit in skywe van sowat 4 cmdik en rol dit dan in dukkah, daardie Egiptiese speserymengsel vol neute
    en sade wat jy by enige supermark kan koop (my gunsteling is NoMU s’n).

  • Garnaal-en-appelslaai met aïoli

    Garnaal-en-appelslaai met aïoli

    SARIE - Maart 2011

  • Gebraaide-perskes-en-ham-slaai

    Gebraaide-perskes-en-ham-slaai

    SARIE - Desember 2010

    Die perfekte somerslaai vir Kersdag. Braai die perskes oor die kole vir daardie lekker vuursmaak.

  • Gerasperde pastaslaai

    Gerasperde pastaslaai

    SARIE - Februarie 2005

    Dit is ’n nuutjie - pasta wat gerasper word. Ek het self besluit dat as jy deeg kan rasper om appeltert te maak kan jy sekerlik pastadeeg rasper. Ek probeer toe en daar werk dit. Moet sê dit lyk nogal na gerasperde Mozzarellakaas.

  • Geroosterde-botterskorsie-en-beetslaai

    Geroosterde-botterskorsie-en-beetslaai

    SARIE - Desember 2010

    Botterskorsie en beet saam is een van die lekkerste slaaie.

  • Griekse pastaslaai

    Griekse pastaslaai

    SARIE KOS - Somer 2008

    Die kombinasie van ’n Griekse slaai en pasta is ’n absolute wenner.

  • Pastaslaai

    Pastaslaai

    SARIE KOS - Somer 2007

    'n Bakkie pasta is lekker vullend, veral as jou kind ná skool by nasorg of sport is

  • Penne met chorizo, steurgarnale en sampioen

    Penne met chorizo, steurgarnale en sampioen

    SARIE KOS Junie/Julie 2011

    Dié Spaanse wors is propvol geur. Saam met die seekos proe dit byna soos ’n paella.

  • Pesto-pastaslaai

    Pesto-pastaslaai

    SARIE KOS Somer 2010/11

    Jy kan enige pasta gebruik vir die resep, maar ek verkies pastarys, want dit skep lekker maklik.

  • Slaai met spek, artisjokke, bokmelkkaas en crostini

    Slaai met spek, artisjokke, bokmelkkaas en crostini

    SARIE KOS Somer 2010/11 | Kommentaar: 1

Kommentaar