Vissop
Foto’s: Micky Hoyle
Dié resep is lekker vinnig.
(6 porsies)
- 1 lemoen
- 950 g stokvis-filette, ontdooi en in groot blokke gesny
- 3 blikke (400 g elk) gekapte tamaties
- 175 ml olyfolie
- 2 uie, fyngekap
- 15 ml droë vinkeltakkies
- 5 ml borrie
- 2 lourierblare
- 2 hande vol pietersielie, fyngekap
- 3 knoffelhuisies, fyngekap
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit oond tot 180 °C. Skil lemoen met 'n groenteskiller in lang repe (eet sommer die lemoen, want jy gaan dit nie gebruik nie). Plaas die repe skil op bakplaat en sit in oond. Laat skil vir sowat 10 minute uitdroog. Haal uit. Meng skil met al die ander bestanddele in 'n kastrol. Geur met sout en peper. Sit deksel op en plaas op stoof. Verhit tot kookpunt en laat kook vir net 10 minute. Moenie roer terwyl dit kook nie, anders breek die visstukke. Sit voor met knoffelmayonnaise. Meng 3 fyngekapte knoffelhuisies by 250 ml romerige mayonnaise. Skep 'n lepel bo-op elke porsie.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Britse ham-en-ertjiesop
SARIE Julie 2010
Dié sop proe net so eg soos die ertjiesop wat ek in Brittanje geëet het.
-
Franse bruin-uie-sop
SARIE Julie 2010
Seker een van die goedkoopste soppe, maar ook een van die lekkerste!
-
Gesonder hoender-pastasop
SARIE KOS Winter 2010
-
Italiaanse minestrone-sop
SARIE Julie 2010
Propvol met alles wat heilsaam is. Dis vullend en baie ekonomies.
-
Jong-ertjie-sop met appelkoos-bolaag
SARIE KOS Winter 2010
Tradisioneel vorm sop 'n integrerende deel van ons kos-erfenis. Sien Peter se blog opwww.sarie.com oor die ontwikkeling van sop die afgelope 100 jaar. Dié sop is byderwets, nuut.
-
Kerrie-botterskorsiesop
SARIE KOS Winter 2010
30 minute
-
Ligte groente-noedelsop
SARIE KOS - Winter 2008
Hiervan sal jy meer as een bord wil eet!
-
Skelvis-en-lensiesop
SARIE KOS Winter 2010
Dis die Skotte se invloed in die vorige eeu.
-
Spaanse vissop
SARIE Julie 2010
Geurige roomsop met al die vreugdes van die see vasgevang in een bakkie.
-
Stokvis-bruschetta
SARIE KOS Des 2011/Jan 2012 | Kommentaar: 1
-
Tamatie-en-basiliesop
SARIE Junie 2011
Die rooster van die tamaties is die enigste deel wat “werk” is. Die res gooi jy net in die pot.
















Kommentaar