Botterskorsie-sop
Foto’s: Micky Hoyle
Dié sop bly 'n gunsteling, maar die verskil is dat jy hier feta-kaas bo-oor krummel. Ek het klaargesnyde botterskorsie gebruik.
(4 porsies)
- 30 ml olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
- 500 g botterskorsie-blokkies
- 500 ml melk, asook sout en varsgemaaldeswartpeper na smaak
- 4 sirkels feta-kaas, gekrummel
Verhit olyfolie in kastrol. Braai ui en knoffel tot lig en deurskynend. Voeg botterskorsie en sowat 100 ml water by. Sit deksel op en laat prut tot sag. Verpulp die mengsel in jou voedselverwerker. Gooi terug in kastrol en voeg melk by. Geur met sout en peper. Verhit tot net voor kookpunt. Skep in sopbakkies en sprinkel van die gekrummelde feta bo-op.
Ekstra: Jy kan gerasperde skil van 'n halwe lemoen byvoeg vir ekstra smaak.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Aartappel-en-sampioensop
SARIE Junie 2011
-
Duitse aartappel-en-bratwurst-sop
SARIE Julie 2010
Daar's 'n wêreld se smake in 'n bakkie sop! Komreis saam en proe weer 'n paar gunstelinge - Herman
-
Ertjie-en-pietersieliesop
SARIE Junie 2011
Dié Britse lekkerte is elke winter op die spyskaart! Gebruik sommer bevrore ertjies.
-
Franse bruin-uie-sop
SARIE Julie 2010
Seker een van die goedkoopste soppe, maar ook een van die lekkerste!
-
Gesonder hoender-pastasop
SARIE KOS Winter 2010
-
Hoender-pastasop
SARIE KOS Winter 2010
My ma het altyd geglo 'n lekker bak hoendersop kan enige siekte vinnig reg sien.
-
Italiaanse minestrone-sop
SARIE Julie 2010
Propvol met alles wat heilsaam is. Dis vullend en baie ekonomies.
-
Jong-ertjie-sop met appelkoos-bolaag
SARIE KOS Winter 2010
Tradisioneel vorm sop 'n integrerende deel van ons kos-erfenis. Sien Peter se blog opwww.sarie.com oor die ontwikkeling van sop die afgelope 100 jaar. Dié sop is byderwets, nuut.
-
Ligte groente-noedelsop
SARIE KOS - Winter 2008
Hiervan sal jy meer as een bord wil eet!
-
SA lam-en-lensiesop
SARIE Julie 2010
Presies soos my ma dit altyd gemaak het. Daar was niks lekkerders as om as gesin voor die TV te sit en dié sop te eet nie.
-
Skelvis-en-lensiesop
SARIE KOS Winter 2010
Dis die Skotte se invloed in die vorige eeu.
-
Spaanse vissop
SARIE Julie 2010
Geurige roomsop met al die vreugdes van die see vasgevang in een bakkie.
-
Tamatie-en-basiliesop
SARIE Junie 2011
Die rooster van die tamaties is die enigste deel wat “werk” is. Die res gooi jy net in die pot.
















Kommentaar