Feta-en-botterskorsie-pasta
Foto’s: Micky Hoyle
Geroosterde botterskorsie en pasta...wat 'n heerlike kombinasie!
(4 porsies)
- 500 g botterskorsie-blokkies
- sowat 50 ml olyfolie
- 1 ui, gehalveer en in dik skywe gesny
- 2 knoffelhuisies, fyngekap, asook sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 500 g fusilli-pasta
- 6 sirkels feta-kaas, in groot stukke gebreek
Verhit oond tot 200 ºC. Plaas botterskorsie, olyfolie, ui en knoffel in 'n oondbak. Geur met sout en peper. Plaas in oond en rooster vir sowat 15 minute. Voeg feta by en rooster verder vir nog so 10 minute. Kook pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Meng alles versigtig en sit dadelik voor.
Ekstra: Rasper sowat 100 g pecorino- of parmesaan-kaas en meng dit ook deur die pasta.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Basiese pastadeeg
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Dis eintlik baie maklik om jou eie pasta te maak. En jy hoef nie ’n deftige pastamasjien te hê nie: Jy kan dit bloot met ’n gewone koekroller op ’n meelbestrooide oppervlak uitrol.
-
Geroosterde groente met pasta
SARIE KOS - Herfs 2008
Dié gereg kan ook koud, as 'n verfrissende pastaslaai, voorgesit word.
-
Hoenderpasta
SARIE KOS Lente 2010
Wanneer jy pasta byvoeg, word die hoender 'n vullende gereg. Ek het 2 blikke tamaties pleks van een gebruik om meer sous te kry.
-
Pasta alfredo
SARIE KOS Herfs 2010
Dis die sous werd...
-
Pasta alfredo
SARIE KOS Herfs 2010
-
Pasta met murgpampoentjies
SARIE KOS - Lente 2008
-
Pasta met vars tamaties en gerookte forel
SARIE KOS Lente 2010
Dis vir my die lekkerste pasta op warm dae. Die sous is koud en die pasta warm.
-
Pastaslaai
SARIE KOS - Somer 2007
'n Bakkie pasta is lekker vullend, veral as jou kind ná skool by nasorg of sport is
-
Spaghetti carbonara met olywe
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Die hitte van die warm spaghetti maak die eiergele gaar en vorm so ’n romerige sous.
-
Steurgarnale, koningklip & pasta in papier gebak
SARIE - Februarie 2008
Jy kan dié gereg vooraf maak, en net voor jy dit in die oond sit, maak toe in die papierpakkies
-
Tagliatelle-pasta (glutenvry)
SARIE KOS - Lente 2008
Vir my sal dit baie swaar wees om nie pasta te kan eet nie! Maak jou eie met glutenvrye meel.
-
Tortiglioni-pasta met koue bloukaas-ricotta-en-kruiesous
SARIE - Februarie 2009
Dié sous sal jou letterlik 10 minute neem om te maak. Dit word koud saam met die warm pasta voorgesit.
-
Warm caprese-spaghetti
SARIE Julie 2011
















Kommentaar