Sampioen-en-botterskorsie-risotto
Foto’s: Donna Lewis
'n Alles-in-een-ete!
(4 - 6 porsies)
30 minute
- 500 g botterskorsie, in klein blokkies gesny
- 250 g wit sampioene
- 30 g botter, gesmelt
- 45 ml olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 3 knoffelhuisies, gekap
- 250 g arborio-rys
- 250 ml witwyn
- 700 ml groenteaftreksel
- 250 ml room
- 50 g parmesaan-kaas, gerasper
- sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit oond tot 200 °C. Plaas botterskorsie en sampioene op bakplaat en gooi botter oor. Rooster vir 15 - 20 minute of tot sag en gaar. Begin intussen met risotto: Verhit olyfolie in groot, diep pan. Braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg rys by en braai vir sowat 5 minute. Gooi wyn oor rys en laat stadig kook tot alles geabsorbeer is. Skep lepel vir lepel groenteaftreksel by en roer goed ná elke byvoeging. Wanneer al die aftreksel bygevoeg is en die rys 'n klewerige voorkoms het, voeg room by en roer goed. Prut tot rys heeltemal gaar is en die mengsel 'n romerige tekstuur het. Verwyder van hitte en vou parmesaankaas, gaar sampioene en botterskorsie in. Geur goed met sout en swartpeper.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Ertjie-risotto
SARIE KOS Somer 2010/11
As ek een ete moet kies as my laaste maal, sal dit beslis risotto wees!
-
Gevulde sampioene
SARIE KOS Augustus / September 2011
Ricotta-kaas is taamlik smaakloos, daarom moet die vulsel goed gegeur word.
-
Krap-en-ertjie risotto
SARIE - November 2009
Krapvleis uit die blik werk veral goed in ’n risotto
-
Parmesaan-risotto met gebakte pampoen
SARIE - Maart 2011
Vra 'n vriendin met kookvernuf.
-
Risotto-balle met gerookte koningmakriel, steurgarnale en ’n Afrika groenslaai
SARIE KOS - Winter 2008
Dis ’n baie maklike dis as jy eers die visaftreksel gemaak het.
-
Rooiwyn-risotto
SARIE KOS - Herfs 2008
Dis ideaal vir koue aande voor die kaggel. Hou altyd 'n lekker glas rooiwyn byderhand.
-
Sampioen-en-bloukaas-risotto
SARIE KOS Herfs 2010 | Kommentaar: 1
30 minute
-
Sampioen-en-bone-risotto
SARIE KOS Winter 2009
-
Umqa
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Stampmielies hou sy lyf risotto!
















Kommentaar