Spinasiepastei met fillo-deeg
Foto’s: Donna Lewis
(6 porsies)
30 minute
- 45 ml olyfolie
- 2 uie, fyngekap
- 3 knoffelhuisies, fyngekap
- 400 g spinasie
- 125 ml room
- 3 sirkels feta-kaas
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 10 velle fillo
- 80 ml botter, gesmelt
Verhit oond tot 200 °C. Verhit olie tot warm in middelslagpot. Voeg uie en knoffel by. Braai stadig tot begin verkleur, sowat 5 minute. Voeg spinasie by en braai vinnig vir sowat 1 minuut. Voeg room by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 1 minuut. Verwyder van die hitte en krummel feta by. Geur goed met sout en swartpeper. Verf fillo-velle met gesmelte botter en plaas bo-op mekaar. Skep spinasie-vulsel in middel, vou kante van deeg oor die vulsel en bring dit bymekaar soos 'n wasgoedbondel. Plaas op 'n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer en met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir 20 minute of tot goudbruin en bros. Sit warm voor met slaai van jou keuse.
Wenk: Sny fillo in kleiner blokkies en jy kan individuele pasteie maak.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Fillo-tert met botterskorsie en feta
SARIE KOS Augustus / September 2011
-
Geroosterde hoender-en-prei-pasteie
SARIE KOS Winter 2009
Besluit self of jy jou eie blaardeeg wil maak of gekoopte blaardeeg wil gebruik. Ek maak graag my eie
-
Ham-mosterd-en-kaas-pasteie
SARIE KOS Winter 2009
-
Herderspastei met bone
SARIE KOS Winter 2010
Gee dié pastei ekstra woema deur bone by te voeg. Maak die bone vooraf gaar.
-
Hoenderpastei
SARIE KOS Lente 2010
Deur die basiese bestanddele net op 'n ander manier gaar te maak en blaardeeg bo-op te sit word dit 'n unieke pastei.
-
Hoenderpastei
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 4
Geen familie-Kersfees sal volmaak wees sonder hoenderpastei nie. Hier is dit soos ek dit by my ma leer maak het.
-
Hoenderpastei met spek
SARIE KOS Winter 2009
Eintlik ’n spek-en-hoenderpastei!
-
Hoenderpastei op die kole
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Ja, jy kan hoenderpastei ook oor die kole maak.
-
Lam-en-ertjie-pastei
SARIE KOS Somer 2010/11
-
Maalvleis-pasteie
SARIE KOS Herfs 2009
-
Maalvleispasteie
SARIE KOS Junie/Julie 2011
-
Spinasie-en-fetakaas-pasteie
SARIE KOS Herfs 2009
Dis ’n heerlike middagete
-
Spinasiepastei
SARIE KOS - Somer 2007
Ai, dis darem 'n ou staatmaker vir vegetariërs
-
Steak-en-niertjie-pasteie
SARIE KOS Herfs 2009
Jy kan vir elkeen sy eie in ’n emaljebeker bak
-
Vispastei
SARIE KOS Herfs 2009
Dís nou een van die lekkerste pasteie – en treffer-gesinskos
















Kommentaar