Tamatie-en-soetrissiesop met kaaspoffers

Deur Sonja de Beer, SARIE KOS April/Mei 2011

Tamatie-en-soetrissiesop met kaaspoffers Foto’s: Micky Hoyle

Die sop is heerlik warm of by kamertemperatuur.

(6 - 8 porsies)

sop

  • 3 rooi soetrissies (gewas)
  • 8 - 10 groot tamaties (1 kg) of 4 x 410 g-blikke heel tamaties
  • 50 ml olyfolie
  • 2 middelslag-uie, geskil en fyngesny
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 200 ml rooiwyn
  • 1 liter hoenderaftreksel (60 ml hoenderaftrekselpoeier opgelos in 1 liter kookwater)
  • 5 ml suiker (opsioneel)
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Sny soetrissies middeldeur, verwyder pitte en plaas met oop kante op foelie. Plaas onder roosterelement van oond en rooster tot swart. Trek velle af en hou eenkant. Laat staan die tamaties vir 'n minuut in kookwater, trek dan skille af. Indien jy geblikte tamaties gebruik, sny jy net blikke oop. Verhit die olie in 'n swaarboomkastrol, braai die uie en knoffel tot glasig, omtrent 1 - 2 minute. Voeg soetrissie, tamatie, rooiwyn, hoenderaftreksel, suiker en geurmiddels by. Laat prut vir 20 - 30 minute. Verpulp in 'n voedselverwerker en gooi terug in kastrol. Verhit as jy die sop warm voorsit, of bêre in yskas.

kaaspoffers
(25 - 30 klein poffers)

  • 250 g gladde maaskaas
  • 100 g gruyère-kaas, gerasper (of enige harde kaas met 'n sterk smaak soos parmesaan of beleë cheddarkaas)
  • hand vol vars basiliekruidblare, gesnipper (sowat 80 ml)
  • halwe hand vol vars origanumblare, gesnipper (sowat 40 ml)
  • skil van ½ suurlemoen
  • 125 ml broodkrummels
  • 60 ml SF's Egyptian Dukkha gemeng met 125 ml broodkrummels

Meng maaskaas, gruyèrekaas, basilieblare, origanum, suurlemoenskil en broodkrummels. Skep teelepels vol uit en vorm balletjies. Rol die kaasballetjies in die Dukkha-mengsel. Sit kaasballetjies in 'n houer en verkoel in die yskas vir 1 - 2 uur of in die vrieskas vir 'n halfuur. Sit bakkies sop voor met 3 - 4 kaaspoffers bo-op elke bakkie. Snipper bietjie vars origanum of basiliekruid bo-op. Die kaaspoffers kan ook as voorgereg op blare met 'n lekker slaaisous voorgesit word.

Verwante artikels

  • Britse ham-en-ertjiesop

    Britse ham-en-ertjiesop

    SARIE Julie 2010

    Dié sop proe net so eg soos die ertjiesop wat ek in Brittanje geëet het.

  • Duitse aartappel-en-bratwurst-sop

    Duitse aartappel-en-bratwurst-sop

    SARIE Julie 2010

    Daar's 'n wêreld se smake in 'n bakkie sop! Komreis saam en proe weer 'n paar gunstelinge - Herman

  • Franse bruin-uie-sop

    Franse bruin-uie-sop

    SARIE Julie 2010

    Seker een van die goedkoopste soppe, maar ook een van die lekkerste!

  • Gesonder hoender-pastasop

    Gesonder hoender-pastasop

    SARIE KOS Winter 2010

  • Italiaanse minestrone-sop

    Italiaanse minestrone-sop

    SARIE Julie 2010

    Propvol met alles wat heilsaam is. Dis vullend en baie ekonomies.

  • Jong-ertjie-sop met appelkoos-bolaag

    Jong-ertjie-sop met appelkoos-bolaag

    SARIE KOS Winter 2010

    Tradisioneel vorm sop 'n integrerende deel van ons kos-erfenis. Sien Peter se blog opwww.sarie.com oor die ontwikkeling van sop die afgelope 100 jaar. Dié sop is byderwets, nuut.

  • Peperonata - gemarineerde soetrissies

    Peperonata - gemarineerde soetrissies

    SARIE KOS Augustus / September 2011

    Daar is verskillende weergawes van dié gereg. Hierdie resep is makliker, want jy hoef nie die soetrissies se vel te verwyder nie.

  • Skelvis-en-lensiesop

    Skelvis-en-lensiesop

    SARIE KOS Winter 2010

    Dis die Skotte se invloed in die vorige eeu.

  • Spaanse vissop

    Spaanse vissop

    SARIE Julie 2010

    Geurige roomsop met al die vreugdes van die see vasgevang in een bakkie.

  • Tamatie-en-basiliesop

    Tamatie-en-basiliesop

    SARIE Junie 2011

    Die rooster van die tamaties is die enigste deel wat “werk” is. Die res gooi jy net in die pot.

Kommentaar