Gapermossel-en-tamatiepasta
Foto’s: Micky Hoyle
Ek weet die olyfolie klink baie, maar wanneer die tamaties begin oopbars, word die sous gevorm.
4 porsies
- 250 ml olyfolie
- 800 g rosa-tamaties
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 2 kg bevrore gapermossels
- 250 g fettuccine
- hand vol vars basiliekruidblare
Verhit olyfolie in 'n diep pan. Voeg tamaties en knoffel by. Roer tot dit goed gemeng is. Braai tot die tamaties begin oopbars (dit sal so 10 minute neem). Druk die tamaties effens plat met 'n aartappeldrukker. Kook nog sowat 10 minute tot die tamaties lekker met die olie gemeng het. Geur met sout en peper. Skep helfte van sous uit en hou warm. Plaas die gapermossels in res van sous en sit deksel op. Laat mossels kook tot skulpe oopgaan. Dit neem so 10 - 15 minute. Kook pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Roer pasta deur sous wat jy warm gehou het. Roer vars basiliekruid deur. Skep mossels in bakkies en sit voor saam met pasta.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Basiese pastadeeg
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Dis eintlik baie maklik om jou eie pasta te maak. En jy hoef nie ’n deftige pastamasjien te hê nie: Jy kan dit bloot met ’n gewone koekroller op ’n meelbestrooide oppervlak uitrol.
-
Hoenderpasta
SARIE KOS Lente 2010
Wanneer jy pasta byvoeg, word die hoender 'n vullende gereg. Ek het 2 blikke tamaties pleks van een gebruik om meer sous te kry.
-
Lamsboud-pasta
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Rooster jou lamsboud oornag tot sag en gebruik dit om ’n geurige vleissous te maak.
-
Mossels met roomsous en gremolata
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Gremolata is eintlik maar net pietersielie, suurlemoen en knoffel wat saam fyngekap is – dis ’n heerlike kombinasie saam met Weskus-mossels.
-
Moules Mariniere (Mossels met witwyn en room)
SARIE KOS Augustus / September 2011
Die smaak van die chardonnay gemeng met die room rond hierdie eenvoudige gereg goed af.
-
Pasta alfredo
SARIE KOS Herfs 2010
Dis die sous werd...
-
Pasta met chorizowors en botterskorsie
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Pasta is goedkoop en baie vullend – geen koskas kan sonder dié bestanddeel klaarkom nie.
-
Pasta met murgpampoentjies
SARIE KOS - Lente 2008
-
Pasta met sonstraalsous
SARIE KOS Herfs 2009
-
Tagliatelle-pasta (glutenvry)
SARIE KOS - Lente 2008
Vir my sal dit baie swaar wees om nie pasta te kan eet nie! Maak jou eie met glutenvrye meel.
-
Tortiglioni-pasta met warm tamatie-en-spek-sous
SARIE - Februarie 2009
Werklik baie maklik. Terwyl dit kook, kan jy lekker saam met jou vriende kuier.
-
Volkoringpasta met okkerneute en basiliekruid
SARIE KOS Lente 2009
Ideaal vir middagete
















Kommentaar