5-uur-lamsboud
Foto’s: Micky Hoyle
Dis vir my 'n baie lekker manier van kook - lank in die oond terwyl jy tyd het om ander dinge te doen.
- 1 lamsboud met been (sowat 2 kg)
- 100 ml olyfolie
- 40 ml sout
- varsgemaalde swartpeper na smaak
- 40 ml olyfolie
- 20 - 30 klein piekeluitjies, geskil
- 1 200 g klein rosa-tamaties
- knoffelhuisies van 1 heel bol knoffel
- 4 roosmaryntakkies
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit oond tot 160 °C. Plaas lamsboud in groot oondbak. Gooi 100 ml olyfolie oor en geur met sout en peper. Plaas oop in oond vir 'n uur. Verhit intussen die 40 ml olyfolie in 'npan. Braai uitjies tot bruin. Voeg tamaties by en braai verder tot tamaties net sag is. Haal boud uit oond ná uur verby is. Pak uitjies, tamaties en knoffel om lamsboud en voeg roosmaryn by. Geur met nog 'n bietjie sout en peper en plaas terug in oond. Laat lamsboud vir nog 4 uur in oond. Jy kan so af en toe van die sous oor die boud gooi. Die vleis gaan omtrent van die been af val.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Emile se 7 uur lamsboud
SARIE - Junie 2005
Hierdie resep kom uit Normandië, bekend vir die skaapvleis uit die souterige grasvlaktes teen die see.
-
Halfgaar geroosterde beesvleis
SARIE KOS Somer 2010/11
As daar enige oorskietvleis is, sal dit heerlike broodjies maak met kaas en mosterd.
-
Heel geroosterde lamsnek
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Gewoonlik koop jy lamsnek reeds opgesny in stukke. Vra jou slagter vir heel lamsnekke en probeer hierdie weergawe.
-
Lamsboud gebak in rosé-wyn
SARIE - Maart 2011
Eenvoudig hemels!
-
Lamsboud met kruisement-jogurt
SARIE - Desember 2010
So 'n klein bietjie Griekse inspirasie vir die fees.
-
Lamsboud met mosterd
SARIE KOS Winter 2010
Ek is nie meer so mal oor 'n lamsboud wat nog pienk is nie. Die manier waarop my ouma die boud vir lank in die oond gehad het, is nou vir my die lekkerste.
-
Ontbeende lamsboud
SARIE - Desember 2007
Ek is dol oor lamsvleis op Kersdag - ’n gevulde, koue lamsboud is heerlik
-
Ontbeende lamsboud
SARIE - Januarie 2009
Die lam word wonderlik gegeur met die jogurt en basiliekruid. As jy baie gaste het, is hierdie gereg ideaal. Vra liefs die braai-ekspert om die boud te braai!
-
Padda in die gat
SARIE KOS - Winter 2008
Dis Leipoldt se weergawe van die Britse toad in the hole
-
Sondagmiddag-lamsboud
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Die dae van halfgaar lamsvleis is in my huis iets van die verlede. Ek hou van dié manier van kook – lank en sonder moeite. Die vleis word heerlik sag en dan pak jy sommer ook jou aartappels omdie boud om in die vleissappe gaar te word. Aartappels kom nie lekkerder as dit nie.
















Kommentaar