Chilli con carne-verrassing
Foto’s: Donna Lewis
As jy die gereg wil rek vir meer mense, kan jy net meer bone byvoeg. Ek sit soms meer as een soort boon by.
(6 porsies)
30 minute
- 45 ml olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 3 knoffelhuisies, gekap
- 500 g maalvleis
- 4 brandrissies, fyngekap
- 10 ml fyn kaneel
- 400 g-blik kersietamaties
- 400 g rooibone, gedreineer
- 2 avokado's, fyngedruk
- 230 g roomkaas
- 16 tortillas
Verhit olyfolie tot warm in middelslag-pot. Voeg uie en knoffel by en braai liggies vir 5 minute. Voeg maalvleis, brandrissie en kaneel by en roerbraai tot maalvleis byna gaar is, sowat 8 minute. Voeg tamatie by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 8 - 10 minute. Geur goed met sout en swartpeper. Voeg rooibone by en prut vir 3 minute. Verwyder van die hitte en sit voor met avokado, roomkaas en tortillas.
Wenk: As jy nie vars brandrissies het nie, vervang dit met gedroogde rissies. Jy kan soveel bysit soos jy verkies.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Chilli con carne
SARIE KOS - Herfs 2008
-
Chilli con carne-enchiladas
SARIE KOS - Somer 2008
’n Enchilada is ’n gevulde tortilla. Jy rol dit toe en gooi gerasperde kaas bo-oor. Dit word dan gebak tot die kaas smelt
















Kommentaar