Lamskenkel-pasteie

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS April/Mei 2011

Lamskenkel-pasteie Foto’s: Micky Hoyle

Om die skenkels in pasteie te omskep is veral lekker as jy gaste het. Maak vir elkeen sy eie pastei. So nie kan jy een groot pastei maak.

(4 pasteie/4 porsies)

  • 40 ml olyfolie
  • 4 lamskenkels
  • 2 uie, fyngekap
  • 6 wortels, in klein blokkies gesny
  • 3 selderystingels, in skyfies gesny
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 blik (400 g) gekapte tamaties
  • 600 ml rooiwyn (shiraz)
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 5 ml gemengde droë kruie
  • 2 lourierblare
  • 2 velle (400 g) winkelblaardeeg
  • 1 eier, geklits

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in 'n groot kastrol. Braai skenkels tot net bruin. Haal uit en hou eenkant. Braai uie, wortels, seldery en knoffel in dieselfde kastrol tot sag maar nie bruin nie. Plaas skenkels terug in kastrol met groente. Voeg tamaties en rooiwyn by. Geur met sout, peper en kruie. Voeg lourierblare by en maak toe met deksel. Plaas in warm oond vir 2 uur. Haal uit en laat afkoel voor jy die deeg opsit. Verhit oond tot 200 °C. As jy individuele pasteie maak, plaas een skenkel in 'n oondvaste bakkie wat groot genoeg is en skep van die groente en sous in. Sny vier groot sirkels uit die blaardeeg. Maak in die middel van elke sirkel 'n klein snytjie vir die been om deur te steek. Plaas bo-op en sorg dat die kante goed geseël is. Verf deeg met ’n bietjie geklitste eier. Plaas bakkies op ’n bakplaat en bak vir 30 – 35 minute tot deeg gaar is.

Om te drink:
Golden Triangle Shiraz van Stellenzicht.

  • Assistent Melissa Pecoraro

Verwante artikels

  • Boontjie-&-lamskenkel-sop (maal op sy eie)

    Boontjie-&-lamskenkel-sop (maal op sy eie)

    SARIE - Julie 2007

    Dis vir my die koning van soppe, veral op ’n baie koue winterdag. Jy kan amper sê dis ’n bredie-sop.

  • Hoenderpastei op die kole

    Hoenderpastei op die kole

    SARIE KOS Junie/Julie 2011

    Ja, jy kan hoenderpastei ook oor die kole maak.

  • Inpak-pasteie

    Inpak-pasteie

    SARIE Augustus 2011

    Perfek in jou kospakkie werk toe of as piekniekkos.

  • Kerrie-lam-skenkel-pastei

    Kerrie-lam-skenkel-pastei

    SARIE Maart 2010

    As jy, soos ek, versot is op lam, kerrie en pastei is die drie-in-een-gereg vir jou!

  • Lamskenkels

    Lamskenkels

    SARIE - Junie 2008

    As jy lekker groot lamskenkels kry, lyk dit soos ’n mini-lamsboud. Lank en stadig gekook en met ’n lekker sous is dit ideaal vir onthaal

  • Lamskenkels met kwepers

    Lamskenkels met kwepers

    SARIE KOS Winter 2010

    Moenie skrik vir die metode van skenkels gaarmaak nie - jy begin al die vorige dag om te verseker die skenkels is lekker sag.

  • Maalvleispasteie

    Maalvleispasteie

    SARIE KOS Junie/Julie 2011

  • Oondgebakte lamskenkel-kerrie met kwepers

    Oondgebakte lamskenkel-kerrie met kwepers

    SARIE Augustus 2011

    Die kwepers kook sag en deurskynend en blink soos juwele in die son!

  • Osso bucco - kalf-skenkels

    Osso bucco - kalf-skenkels

    SARIE KOS Herfs 2010

  • Padda in die gat

    Padda in die gat

    SARIE KOS - Winter 2008

    Dis Leipoldt se weergawe van die Britse toad in the hole

  • Rugby-ontbyt! Ontbytpasteie in 'n bord

    Rugby-ontbyt! Ontbytpasteie in 'n bord

    SARIE KOS Augustus / September 2011

    Die lekker van hierdie gereg is dat jy vir elke ou sy eie pastei in ’n bord bak. Jy kan die pasteie al die vorige aand aanmekaarsit en die oggend net voor die wedstryd in die oond sit.

  • Stadiggesmoorde Karoo-lamskenkel

    Stadiggesmoorde Karoo-lamskenkel

    SARIE KOS Somer 2009/10

    Druk 'n kerfvurk in skenkel. As jy dit optel en die skenkel gly vanself stadig af, is dit gaar.

  • Tamarinde-skenkels

    Tamarinde-skenkels

    Eenvoudig wow! Dis maklik om te maak, maar gaste sal dink jy was heeldag voor die kospotte

Kommentaar