Ontbeende wildsboud met kruievulsel en olyfsalsa
Foto’s: Micky Hoyle
(8 - 10 porsies)
wildsboud
- 1,2 - 1,5 kg ontbeende wildsboud (ek gebruik meestal 'n springbokboud)
- 250 ml - 300 ml ongegeurde jogurt
- 100 - 150 ml SF's Rosemary & Balsamic Dressing - as jy dit nie in die hande kan kry, gebruik 'n mengsel van balsemasyn en olyfolie
Smeer hele boud met jogurt en laat staan vir 5 - 6 uur by kamertemperatuur. Vee die jogurt af en gooi die helfte van die slaaisous in die marinadebak. Sit die boud in en gooi die res van die slaaisous oor. Laat staan die boud vir 6 uur by kamertemperatuur en marineer dan vir twee dae: hou dit in die somer in die warmste deel van die yskas, en in die winter kan jy dit een dag op 'n koel plek hou en die laaste dag in die yskas sit. Draai die boud elke dag om. Hou marinade.
vulsel
- 40 ml olyfolie
- 750 ml gesnipperde spinasie
- 1 ui, skoongemaak en fyngesny
- 125 g wit sampioene, fyngesny
- 100 g maalvleis
- 10 ml fyn koljander
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 125 g strepiespek (streaky bacon), gesnipper en bros gebraai
- 100 g krummel-maaskaas
- 100 ml SF's Mediterranean Contorni - as jy dit nie kan kry nie, gebruik ½ songedroogde tamaties en ½ swart olywe)
- 80 ml broodkrummels
- 50 ml vars origanum, gesnipper
- 6 - 8 heel knoffelhuisies
- 250 ml hoenderaftreksel (40 ml hoenderaftrekselpoeier gemeng met 250 ml kookwater)
- 250 ml rooiwyn
Verhit oond tot 160 °C. Verhit olyfolie in 'n pan en braai spinasie en ui vir 2 - 3 minute. Haal spinasie en ui uit en braai die sampioene. Voeg maalvleis by en braai tot gaar. Voeg koljander en ander geurmiddels by. Meng spinasiemengsel met maalvleis en voeg die spek, maaskaas, Mediterranean Contorni, broodkrummels en origanum by. Haal vleis uit die marinade en vlek oop op 'n houtbord. Gebruik 'n skerp mes en maak 6 - 8 snye oor die oppervlak van die boud. Druk die knoffel in die snye in. Versprei die vulsel oor die oppervlak van die boud. Vou die boud toe en bind vas met 'n tou. Sit vleis in 'n oondvaste bak met 'n deksel. Meng die hoenderaftreksel, wyn en marinade van vroeër en gooi oor die vleis. Rooster by 160°C vir 5 uur. Verwyder uit oond,sny in skywe en laat die skywe in die sous lê. Sit vir 15 minute terug in oond by 180°C en sit voor met olyfsalsa
olyfsalsa
- 100 g Kalamata-olywe, ontpit en in ringetjies gesny
- 100 g groen olywe, ontpit en in ringetjies gesny
- 100 g songedroogde tamaties, in klein stukkies gesny
- 80 ml kappertjiesaad, in helftes gesny
- 80 ml platblaarpietersielie, gekap
- 80 ml SF's Rosemary & Balsamic Dressing - of gebruik ½ balsemasyn en ½ olyfolie
Meng alles en sit die salsa in klein bakkies voor saam met die wildsboud.
Verwante artikels
-
Halfgaar geroosterde beesvleis
SARIE KOS Somer 2010/11
As daar enige oorskietvleis is, sal dit heerlike broodjies maak met kaas en mosterd.
-
Padda in die gat
SARIE KOS - Winter 2008
Dis Leipoldt se weergawe van die Britse toad in the hole
-
Salsa verde
SARIE KOS Augustus / September 2011
















Kommentaar