Kosstories

3 van die lekkerste resepte met Peppadew®

Die heerlike smaak van Peppadew® -pikantrissies kikker jou gunsteling-resep op! Hier is 3 van Peppadew se lekkerste resepte.

Visslaai met piekeluie

Dié resep is ‘n een wat ‘n Portugese vriend vir ons gegee het. Sit dit voor met ‘n lekker stukkie Portugese brood. (foto bo)

  • 800 g stokvis-filette
  • koekmeel met speserye in
  • olie om in te braai
  • slaaiblare, tamatie en komkommer

Peppadew® Pickled Onion-vinaigrette:

  • 2 potjies Peppadew® Pickled Onions
  • 200 ml olyfolie
  • 3 knoffelhuisies, opgekap
  • 2 lourierblare
  • 5 peperkorrels
  • 200 ml sap van die Peppadew® Pickled Onions (uit botteltjie)
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 30 ml Italiaanse pietersielie, gekap

Sny die vis in porsies. Bedek die vis met koekmeel en braai in olie tot goudbruin en gaar. Klad dit met kombuispapier. Maak die vinaigrette: Dreineer die piekeluie en hou die sap eenkant. Sny die uie in dik skywe en hou eenkant. Verhit olyfolie in ‘n kastrol en voeg die knoffel by. Kook vir ‘n minuut of wat tot die knoffel bruin is. Voeg die lourierblare, peperkorrels en sap van piekeluie by – pasop dat die warm olie nie spat nie. Laat dit die mengsel 3 minute prut. Voeg sout en swartpeper na smaak by. Sit die gebraaide vis in ‘n glasbak en pak lae van die piekeluie bo-op. Gooi die warm vinaigrette oor die vis en laat dit afkoel. Laat dit oornag in die yskas staan. Wanneer jy dit voorsit, strooi pietersielie oor. Skep die visslaai op ‘n bed slaaiblare en plaas tamaties en komkommer bo-op.

PeppadewKnoffelsop met piekeljalapenos

4 porsies (foto bo)

Moenie dat die hoeveelheid knoffel in dié resep jou afsit nie. Sit dit voor met fetakaas, croutons en Peppadew® Pickled Jalapenos

  • 30 ml olyfolie
  • 30 ml botter
  • 1 knoffelhuisie, geskil en fyngekap
  • 1 x 400 g-blikkie Italiaanse tamaties (opgekap)
  • 1 liter beesaftreksel
  • 1 eier, geklits
  • 125 ml fetakaas, gekrummel
  • 60 ml Peppadew® Pickled Jalapenos, gekap
  • 30 ml vars koljander, gekap
  • croutons

Verhit die olie en botter in ‘n kastrol. Braai die knoffel tot ligbruin. Gooi die tamaties by en kook dié mengsel tot ‘n dik sous. Voeg die beesaftreksel by en laat dit vir 20 min prut. Voeg die geklitste eier by in ‘n dun stroompie en roer aanhoudend. Voeg die fetakaas, piekeljalapenos en vars koljander by. Skep in sopbakkies en plaas croutons bo-op.

PeppadewHoenderlewers met piekeluie, spek en druiwe

Dit is ‘n heerlike kombinasie! Sit dit voor met slaaiblare

  • 8 repies spek
  • 45 ml (3 teelepels) olyfolie
  • 500 g hoenderlewers, skoongemaak, afgespoel en gedroog
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 20 groen druiwekorrels, ontpit en gehalveer
  • 20 rooi druiwekorrels, ontpit en gehalveer
  • 8 Peppadew® Pickled Onions, dik skywe gesny
  • 60 ml sjerrie
  • slaaiblare

Braai die spek in ‘n pan tot bros en bruin. Plaas dit eenkant. Voeg 2 eetlepels olyfolie by die vet in die pan. Voeg die hoenderlewers by en braai dit by ‘n hoë temperatuur tot bruin, maar pienk binne. Geur met sout en peper. Voeg die spek, druiwekorrels en gepekelde uie by. Plaas slaaiblare in 4 borde. Skep die lewers, spek, druiwe en piekeluie op die slaai. Gooi sjerrie bo-op die vet in die pan. Voeg die laaste eetlepel olyfolie ook by en roer goed. Gooi die sous oor die lewers en skep dadelik op.

Klik by www.peppadew.com