010910skh001rrr
Kosstories

3de prys wenner van Frikadel kompetisie: Anna Swarts

Frikkadelle

  • 500 g maalvleis
  • 1 middelslag-ui, fyngekap
  • 2 snye bruinbrood (bruinbrood bind beter), geweek in ‘n klein bietjie melk
  • 2 eiers
  • 2,5 ml sout
  • 1,25 ml origanum
  • 1,25 ml fyn naeltjies
  • 1,25 ml fyn swartpeper
  • 15 ml braaivleisspeserye (Robertson’s)
  • 100 ml fyn appelkoosblatjang

Verhit oond tot 180 °C. Meng al die bestanddele saam en vorm frikkadelle. Sit in ‘n gesmeerde bak. Plaas in oond en bak vir sowat 40 – 45 minute.

  • Hannes van Loggerenberg

    Gaan verseker probeer. Klink uitstekend.

  • herman swiegers

    Probeer vandag die frikadel resep, sal kommentaar lewer as ons vanaand eet. Klink na n mooi resep, dankie

  • Riki

    Ek gaan ook beslis probeer. Wonder of jul nie ook ‘n resep het vir " vet frikkies " nie. Dit is ‘n frikkadel ( nie van Orkney Snork Nie ) nie, wat een of ander deeg omhulsel het.
    Groete
    Riki van Noordwes

  • Morne Bosman

    smul lekker baie maklik al probleem vrou wil he ek moet nou 4 uit die vyf dae kos maak waarvan die ander aand take aways is . Lekker eet.