_K6E5678
Kosstories

4 Kerstafels + elkeen se unieke spyskaart

Kies jou Kerstafel uit ons 4 style – hou jy vanjaar van elegante blou, mooi purper, soet sitrus of groen? Hier is jou dekorwenke én lekker spyskaart by elk!

(Klik op die naam of foto om ál die wenke en resepte te sien!)

Elegante blou

Ons mooiste blou en elegantste wit; glimmergoud en warm hout. Dis ’n ouwêreldse fees. En die feesmaal? ’n Slaai so mooi soos ’n Kerskrans, lamsboud en aartappels, en bessies en meringue omtower in ’n nog-’n-skeppie-trifle.

Blou-5377-Edit

 

’n Purpermooi Kersfees

Purpermooi en soet soos stroop. Adamsvye uit ons Klein-Karoo sê: Kom saam, dis feestyd! Ons versier die tafel met olyftakke, die boom met goud en silwer en vier fees met kruiebrood en lamskenkel gegeur met rooiwyn.

Pers-5254-Edit

 

’n Soet, sitrus Kersfees

Die kleur & geur van ons land se sitrus sit sprankel in Kersfees. Met liefde maak ons
kershouers en geskenkpakkies van papier. Lamsblad en pitabrood en pampoen gebak in stroop praat die taal van sáám.

 

Oranje-5491-Edit

 

Jou Kersfees in groen

Groen appels uit ons mooie Elgin-vallei en ’n tikkie kaneel, loof en roosmaryn daarby. Breekgoed uit die kas en ’n lamsboud eksoties gevul – ons Kersfees is geurig vars, met net so ’n spoor van onthou-jy-nog …

Groen-5319-Edit