FOTO Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images / Gallo Images

Kosstories

4 maklike veranderinge wat jou lewe kan verbeter!

Verandering is noodsaaklik, maar selde maklik. Gelukkig het Greatist ’n lys saamgestel van maklike veranderinge wat jóú lewe kan verbeter. 

Dié webtuiste, wat wil hê mense moet anders oor gesondheid dink, gee jou maklike wenke om jou fiksheid, gesondheid en geluk ’n hupstoot te gee.

4 veranderinge wat dadelik ’n verskil in jou lewe kan maak

  1. Vervang vrugteroomys, wat baie suiker bevat, met bevrore druiwe. Dis net so lekker soet, maar gesonder.

  2. Moenie voor die TV sit en eet nie. Om die tafel sal jy minder eet én dit is lekkerder om te gesels.

  3. Vervang die suiker in jou pap, koffie en tee met kaneel.

  4. Wil jy met gesonder drankies kuier? Kies eerder rooiwyn en vermy drankies soos margaritas, wat baie suiker bevat.

Lees volledige lys van wenke HIER

whirlpool

Met vandag se vinnige leefwyse kan jou gesondheid dikwels tweede kom. En die grootste verskoning is gewoonlik: “Ek het nie tyd vir goeie eetgewoontes nie.”

Maar ’n gesonder manier van kosmaak is nou makliker met Whirlpool se nuwe JetChef-mikrogolfoond. Dié mikrogolfoond het baie om mee te spog – buiten om kos soos ander mikrogolfoonde gaar te maak, gebruik dit ook konveksie en jy kan jou kos ontdooi en rooster. Boonop gebruik die JetChef Whirlpool se 6th Sense-tegnologie.

whirlpool

Die 6th Sense-tegnologie gebruik ingeboude sensors om die vlak van humiditeit te bepaal en pas dan die tyd en krag aan vir die perfekte kookresultaat, verduidelik Michelle Morrick, bemarkingskommunikasiebestuurder van Whirlpool.

“Dit lewer uitstekende resultate en bespaar bronne deur vir jou te dink”

- Michelle Morrick

Lees HIER meer oor die 6th Sense JetChef-mikrogolfoond.

Besoek: Whirlpool se webtuiste | Twitter-blad | Facebook-blad

WEN ’n Whirlpool JetChef-mikrogolfoond

1 gelukkige SARIE.com-leser kan ’n Whirlpool JetChef-mikrogolfoond ter waarde van R4 500 wen. Al wat jy moet doen is om jou besonderhede in te vul en die maklike vraag te beantwoord. Die wedstryd sluit op 16 Februarie 2016 om 00:00.

Deur in te skryf vir die wedstryd, aanvaar jy die reëls en voorwaardes

DIE WEDSTRYD IS NOU GESLUIT