Kosstories

4 mense eet vir R200 – 14 resepte

Calamari met pistou

In die suide van Frankryk sal jy altyd Seiches à la Plancha op die spyskaart kry. In Afrikaans is dit inkvis, maar ek wys jou die resep met calamari. Sit dit voor met rysslaai en pistou, wat byna soos Italiaanse pesto is.

Genoeg vir 4
Braaityd: 10 minute

  • 30 ml olyfolie
  • 500 g calamari-buise en -tentakels, skoongemaak (sien bl. 60)
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • skil en sap van ’n suurlemoen
  • 500 g pasta-rys, gekook volgens pakkieaanwysings
  • 80 g pers slaai-sprietuie, diagonaal gesny
  • 50 g gevriesde ertjies, afgespoel met kookwater
  • 200 g fetakaas, gekrummel
  • 100 g suikerertjies (sugar snap peas)
  • hand vol kruisement, fyngekap
  • 30 g ertjiespruite (pea shoots)

Slaaisous

  • 60 ml olyfolie
  • 15 ml heuning
  • sap van ’n suurlemoen

Pistou-sous

  • 2 knoffelhuisies
  • 2 hande vol vars koljander
  • 50 ml olyfolie

Verhit ’n pan met olyfolie tot baie warm, voeg calamari by en braai tot bruin en gaar. Geur met sout en peper, en skil en sap van suurlemoen. Vir die rysslaai, meng die rys, sprietuie, ertjies, fetakaas, suikerertjies, kruisement en ertjiespruite. Maak slaaisous: Meng olyfolie, heuning en suurlemoensap, en geur met sout en peper. Gooi slaaisous oor die rys en meng goed deur. Gebruik ’n voedselverwerker om die pistou te maak: Meng die knoffel, koljander en olyfolie goed saam. Geur met sout en peper. Sit voor met calamari en rys-slaai.

Kry die Februarie/Maart 2013-uitgawe van SARIE KOS vir nóg 13 sakpas-resepte!

TEKEN IN OP SARIE KOS