11tonix
Kosstories

4 Vrae aan Toni Sime

Wie is die “rooikop-wonder” aan jou sy?
My man, Ian, ook ’n sjef (ons het saam gestudeer). Hy help met alles – ons 2 kinders, die restaurant, die spyskaart.

Hoe het jul paaie gekruis?
Ons het aan die Tswane Universiteit van Tegnologie in Pretoria gestudeer en is vir 7 maande as uitruilstudente na Frankryk gestuur.

Hoe het die Franse jou beïnvloed?
Ek het agtergekom kaas is net so deel van ’n Fransman soos wyn. Goeie kaas kan ’n alledaagse dis in iets hemels verander.

En hierdie besige pizza-plek? 
Ek en Ian het besef almal hou van pizza en begin toe met ’n klein pizza-wegneemplek. Ons het pizzas anders probeer maak en dit bekostigbaar gehou. Dit het geleidelik in dié restaurant verander. Ons is volbespreek sonder om te adverteer!

Skakel 012 329 000 of 012 329 7435 of besoek www.tonipizza.co.za