FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Kosstories

5 brode vir jou sop (bak in minder as ’n uur!)

Die winter het sy koue, nat jas finaal oor Suid-Afrika kom trek en dis tyd vir sop en brood! Min dinge smaak so heerlik soos tuisgebakte brood saam met ’n koppie vuurwarm sop, maar ai, die tyd! Broodbak verg baie moeite, geduld en tyd. Jy kan egter lekker brood in minder as ‘n uur bak.

Hier is 5 om van te kies!

skm1005brood_6_

1. Volkoring-roerbrood

Hierdie brood is gepak met sade, neute en alles wat goed is vir jou. Roer alles saam, laat rys en bak. Dis nog lekkerder saam met hierdie romerige sampioensop.

 

sr1102koshoof_2_-570x740

2. Italiaanse Fougasse-brood

Die brood hoef jy net een keer te laat rys en daarna rol jy dit plat en bak dit. Dit is heerlik warm of koud en werk saam met byna alles – van lamsboud op jou #SARIESondag-tafel tot saam met ’n bakkie bone-sop – kry die resep hier.

 

skm1005brood_1_

3. Karringmelk-en-cheddar-brood

As jy na my grootword-huis genooi word vir ete, kan jy maar weet my ma gaan hierdie brood op die spyskaart hê. Jy meng alles saam en skep dit in ’n pan. Die grootste werk is om die kaas te rasper!

 

Brood

4. Kamma-mosbolletjies

Ek is oortuig dat mosbolletjies in enige vorm saam met byna enigiets geëet kan word. Paasfees saam met gepekelde vis, Kersfees saam met varkboud. En in die winter sit ek dit graag voor saam met Marokkaanse harira (lam-en-kekerertjie-sop). Die soet van die brood komplimenteer die speserye in die sop. Maar ai, mosbolletjies kan baie werk wees. Vat dus kortpad met hierdie een wat jy met winkeldeeg maak.

 

tamatie brood

5. Tamatiebrood As jy brood met groente bo-op kan eet, is jou kop deur. Bak die tamatiebrood met winkeldeeg. Dis veral lekker saam met romerige aartappel-sop. Probeer dit!

Lees nou

#Koester-kos op sy beste: 3 pastageregte vir winter

Eet sop en word maer

Vinnige vark-gereg – in een pot!