Kos

5 droom-sjokoladekoeke

Dis vandag Sjokoladekoekdag en ons kla nie!

Van die soetste drome smaak soos sjokoladekoek. Hier is vyf resepte vir almal wat altyd smag na nóg ’n stukkie – van my ouma se byna wêreldbekende sjokoladekoek tot selfs ’n spogkoek uit ’n boks!

Hier is vyf van my gunstelinge – probeer al vyf en kies jóú wenner! 

Droomkoek 1: Witsjokolade-en-lemoenbloeiselkoek

Hoekom dié een kies?
• Net 8 bestanddele
• Jy meng alles in een bak
• Smaak ook lekker sonder die lemoenbloeisel

Kry die resep hier

Droomkoek 2: Pavlova met 'n twist

Hoekom dié een kies?
• Jy gebruik 'n sponskoek van 'n bakkery
• Dis 'n mengsel van teksture: sagte kors, romerige mousse én 'n krakerige meringue-kors

Kry die resep hier

Droomkoek 3: Grondboontjiebotter-sjokoladekoek

Hoekom dié een kies?
• Dis een van ons lesers, Alida Ryder, se resep
• Dit is ook SARIE KOS se wen-sjokoladekoek van 2011
• Die koek is lekker klam en smaak selfs beter ná 2-3 dae

Kry die resep hier

Droomkoek 4: Sjokolade-peerkoek

Hoekom dié een kies?
• Die koek is glutenvry
• Jy gebruik haselneute pleks van meel, so dis vol geur en smaak
• Neute bevat goeie olies wat goed is vir jou gesondheid

Kry die resep hier

Droomkoek 5: Herman se grootword-sjokoladekoek

Hoekom dié een kies?
• Dis 'n kan-nie-flop-resep!
• Hy smaak heerlik as 'n groot koek of selfs as kolwyntjies
• Hierdie koek was al op die TV! Dít is die wenkoek van die eerste episode van die eerste reeks van kykNET se Koekedoor

Kry die resep hier

Wat maak ’n goeie sjokoladekoek ’n droomkoek? Die voorkoms, smaak of resep? Ina Paarman, skepper van SA se ikoniese bokskoek wat nooit flop nie, sê:

“Jy moet die sjokolade próé! En die koek moet drie dae later, wanneer jy smag na ’n oorskietstukkie, nog net so lekker wees!”

– Ina Paarman

En het jy geweet nuusman Riaan Cruywagen het ’n suikertand?

“Ek is ’n selferkende sjokoladeverslaafde. As ek aan sjokoladekoek dink, proe ek weer die heerlike koeke wat my oorlede moeder in my kleintyd gebak het – veerlig, met ’n dik sjokoladeversiersel waarop sy, presies in die middel, ’n rooi kersie geplaas het!”

– Riaan Cruywagen

riaan cruywagen_14

Riaan Cruywagen is ‘n selferkende sjokoladeverslaafde FOTO: Phyllis Green

 

Lees nou

Herman kry 5 lekkerste Oreo-resepte

Trendy waatlemoendrankie: Stout of gesond – jy kies!

Inspirasiekos met SARIE: sê ‘kaas’!