Kosstories

5 kosterme wat elke foodie móét ken

Jy’s lief vir kos en jy’s lief vir eet. Soms lees jy hierdie volksvreemde woorde op ’n spyskaart en dan voel dit vir jou jy’t geen idee wat dit beteken nie …

Hier is 5 algemene kosterme wat almal behoort te ken. 

Confit

Tradisioneel is die confit-metode gebruik om vleis te preserveer deur dit te sout en vir lank by ’n lae temperatuur gaar te maak in vet.

In moderne kookkuns word baie geregte soos eend, vark, wildsvleis en groente steeds ge-confit.

Afkook (reduce)

Dit is die verdikking van die sous en die intensivering van die smaak deur die sous te laat prut of te kook.

Brûlée

Dis die Franse woord vir brand – dit kan verwys na iets wat totaal oneetbaar gebrand is, of mooi donker gekaramelliseer is soos ’n crème brûlée.

Franse snit (French trim)

Om die vet en vleis weg te sny aan die einde van ’n rib of tjop om die been bloot te stel.

Flambé

’n Franse kooktegniek waarin alkohol in ’n warm pan aan die brand gesteek word om die alkohol af te kook. Die woord beteken "vlam" in Frans.

Doen nou ons <em>foodie</em>-toets en kyk hoe goed jy vaar! Klik HIER.