FOTO Mickey Hoyle

FOTO Mickey Hoyle

Kosstories

Oorskiet-bolognese? Hier’s 5 lekkerste idees

In die rolprent It Takes Two (1992), met die tweeling Mary-Kate en Ashley Olsen, eet Ashley Sloppy joe by ’n kamp. Dis heerlike maalvleis wat jy in ’n broodrolletjie sit, ’n morserige gedoente maar só lekker. Hier is nog idees van wat jy alles met jou oorskiet-bolognese-sous kan maak.

Maak bolognese soos die Italianers met hierde maklike resep!

1. Sloppy joe

Koop broodrolletjies en skep van jou orige bolognese-sous in die rolletjies. Vir ekstra lekkerte kan jy gerasperde cheddarkaas bysit.

via GIPHY

 

2. Macaroni-en-kaas

Rek jou macaroni-en-kaas verder deur bolognese-sous by te voeg.

FOTO Mickey Hoyle SARIE KOS Junie/ Julie 2013

FOTO Mickey Hoyle SARIE KOS Junie/ Julie 2013

Kry die resep hier

 

3. Met gebakte aartappel

Bak jou aartappels direk op die oondrak tot die skil lekker bros is. Sit voor saam met bolognese-sous en gerasperde cheddarkaas.

FOTO Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2012

Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS JUN/JUL 2012

Kry die resep hier

 

4. Herderspastei

Voeg ’n groot hand vol gerasperde parmesaankaas by jou kapokaartappels en skep dit bo-op jou bolognese voor jy dit in die oond bak.

Foto's deur Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Kry die resep hier

 

5. Moussaka

Moussaka is ’n Griekse gereg wat bestaan uit lae bolognese-sous en gebraaide eiervrug. Dit is Griekeland se ekwivalent van lasagne.

Moussaka Griekeland

FOTO Mickey Hoyle

Kry die resep hier