chantel_pots
Kosstories

5 vrae aan sjef Chantel Dartnall

Chantel Dartnall, hoofsjef van die restaurant Mosaic in die Orient Boutique Hotel naby Hartbeespoortdam, is pas aangewys as die Prudential Eat Out-sjef van die Jaar. En Mosaic is deur Eat Out as die 5de beste restaurant (uit 20) in SA aangewys is.

Hoe het jy in die kosbedryf beland?
Ná skool was ek by die Prue Leith Kollege van Kos en Wyn. Daarna het ek in Londen saam met die bekende sjef Nico Ladenis gewerk. Hy is my rolmodel.

Waar kry jy inspirasie?
Ek gaan 2 keer per jaar oorsee om die groot meesters se kos te geniet, soos sjef Michel Bras in die Suidelike Auvergne in Frankryk. Ek identifiseer met sy kookstyl en liefde vir die natuur.

En die blomme in jou kos?
Ons probeer ons kos so natuurlik moontlik hou. Ons kweek baie van ons eie blomme wat om visuele en gesondheidsredes voorgesit word.

Wat is die gewildste op die spyskaart?
Biefstuk-medaljons saam met die mooiste oranje- en roesrooi daglelies.

Wat is dié trend in die koswêreld?
Mense wil gesonder eet sonder om die omgewing te beskadig. Restaurante sal ál meer in die organiese rigting beweeg – Denise York.

Besprekings is noodsaaklik by Restaurant Mosaic.

Skakel 012 371 2902/3/4/5/6/7/8 of besoek www.restaurantmosaic.com of www.the-orient.net.

  • http://qwviixvqglds.com/ xkomir

    aUAFW7 vgmztyfftnuw, [url=http://eospyqrfwjil.com/]eospyqrfwjil[/url], [link=http://ktkjlbkmoxsq.com/]ktkjlbkmoxsq[/link], http://idxnruririua.com/

  • Anna Kotzè

    Chantelle Dartnall is verseker die heel mooiste kok in ons land! en sy werk met liefde= wat n pragtige mens! Sy is vir my n inspirasie, al is ek nie in die kosbedryf nie, maar in die spa bedryf.